E Copy

Date:

Die Bokke is honger vir hul eerste sege teen die All Blacks op Eden Park sedert 1937

MORGAN PIEK

Bloemfontein – Die Springbokke is honger vir hul eerste toetsoorwinning teen die All Blacks op Eden Park sedert 1937.

Die twee spanne sê mekaar more die stryd aan in ’n rugbykampioenskapskragmeting in die stad.

Die Suid-Afrikaners het nog net twee keer in nege wedstryde by die stadion koning gekraai – in 1921 en 1937.

In 1994 het hulle met 18-elk gelykop gespeel teen die Kiwi’s. 1994 was ook die laaste keer wat die All Blacks daar verloor het – die eindtelling 23-20 teen Frankryk.

Bokkaptein, Jean de Villiers sê om spelers in sy span te hê wat nog nooit teen die All Blacks uitgedraf het nie, is nie noodwendig ’n nadeel nie.

Hy sê hierdie spelers sien die kragmeting as net nog ’n toets, wat ’n positiewe energie in die groep meebring.

De Villiers het bygevoeg dat wedstryde teen die Nieu-Seelanders altyd iets besonders is.

Die toets in Auckland skop om 09:35 af.
 

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...