Bloemfontein – Proteas se vrouespan het die Bangladeshs-vrouespan gister oortuigend met 9 paaltjies geklop in hul eerste T20 internasionale wedstryd op Senwespark in Potchefstroom.
Die Suid-Afrikaanse boulers het geskitter en die besoekers tot net 72/4 in hul 20 beurte te beperk.
Moseline Daniels het 1 vir 4 geneem, terwyl Dané van Niekerk 1 vir 14 ingeoes het.
Die kolwers het egter ook hulle deel gedoen – Trisha Chetty het 32 lopies gemoker, terwyl kaptein Mignon du Preez onoorwonne was op 29.
Die Proteas het die wentelling behaal met nog byna ses beurte oor. Die tweede en derde T20-wedstryde vind more en Sondag op Senwespark plaas.







