E Copy

Date:

Twee taai stryde lê voor vir Bloem Celtic

MORGAN PIEK

Bloemfontein Celtic het twee klipharde kragmetings wat oor die volgende vier dae voorlê. Afrigter Clinton Larsen en sy span reis more na Pretoria vir hul tweede wegwedstryd van die seisoen – hierdie keer teen Tukkies.

Larsen het aan Courant gesê hulle weet die kragmeting teen Tuks gaan ’n harde een wees – en dat hulle nog nie dink aan hul groot tuiswedstryd Dinsdag teen Kaizer Chiefs nie.

Goeie nuus vir Celtic is dat doelskieter Lerato Manzini weer volstoom begin oefen het nadat hy sy voet vir die tweede keer in bykans vier maande gebreek het.

Celtic  Bafana Bafana kaptein,Thabo Nthethe, is terug van sy nasionale verpligtinge. Manzini sal egter die twee opkomende wedstryde misloop aangesien hy nog nie heeltemal fiks is nie.

Celtic se bestuur sweet egter oor Nthethe wat ‘n hou teen die been gekry het tydens Bafana Bafana se 4-1 afranseling deur Botswana.

Larsen het bygevoeg dat hy baie respek het vir die span van die Universiteit van Pretoria en hul afrigter, Steve Barker.

Môremiddag se wedstryd by die LC de Villeirs-sportterrein in Pretoria begin om 15:00.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...