Dewald Wasserfall kom na Bfn-fees

0
482
Dewald Wasserfall is hierdie naweek in Bloemfontein om by die Organic Food and Wine Festival op te tree. FOTO: FACEBOOK

Dewald Wasserfall is hierdie naweek in Bloemfontein en mense word uitgenooi om te kom ontspan en lekker te kuier by die Organic Food and Wine Festival terwyl hierdie kunstenaar sorg vir vermaak uit die boonste rakke met sy verstommende stem.

Wasserfall is nie net sanger nie, maar ook liedjieskrywer en Ghoema-, Tempo- en Sama-wenner. Sy eerste solo-album, Vergeet Wat Jy Weet van Liefde, his in 2012 uitgereik en het platinumstatus behaal het met die treffer “Eendag As Ons Groot Is”. Sy volgende album het goue status behaal en hy het ‘n Sama gewen vir die beste kontemporêre musiekalbum.

Bloemfonteiners word uitgenooi na die gewilde Urth Garden Centre se die Organic Food and Wine Festival, wat van 5 tot 6 April plaasvind. Die geleentheid vind oor twee dae plaas en is die perfekte geleentheid vir die hele gesin om uit te kom en pret te hê.

Organiseerder Jaco Wolmarans, het aan Bloemfontein Courant gesê dat mense hul kaartjies vir die geleentheid op Quicket kan kry of by die hek van Urth Garden Lifestyle op die dag van die vertonings. Kaartjiepryse wissel, afhangende van die hoeveelheid kaartjies wat jy koop. “Daar sal wyn van 14 verskillende wynplase wees wat van hul eie wyne bring vir mense om te proe, sowel as kos beskikbaar by die stalletjies vir altwee dae.”

Op 5 April begin die fees om 17:00 en vir dag 2 word dit van 10:00 die oggend af gehou. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za