Opdrag is gegee dat nog twee sluise van die oorvol Vaaldam tussen Gauteng, Mpumalanga asook die Vrystaat oopgemaak word ná die goeie reënval oor die opvangsgebied.
Volgens OFM-nuus is daar vroeër reeds twee sluise oopgemaak.
Die Departement van Water en Sanitasie sê in ‘n verklaring die impak op die geïntegreerde Vaalrivierstelsel, wat benewens die Vaaldam nog 13 damme insluit, word gemonitor.
Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê water vloei tans teen 565 kubieke meter per sekonde in die Vaaldam in, terwyl die uitvloei beduidend hoër is op 689 kubieke meter per sekonde.
Hy sê hy hoop dat hulle die vlak van die dam só spoedig kan verlaag.







