E Copy

Date:

DBV duld nie bedrog en diefstal

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is tevrede dat geregtigheid spoedig geskied het met betrekking tot die voormalige bestuurder en voorsitter van die DBV se Welkom-tak in die Vrystaat wat verlede week aan diefstal van meer as R67 000 skuldig bevind is.

Die DBV se voorsitter van dié tak en die Virginia-tak, Thea Smit, sê hulle is dankbaar die saak teen Margaret Lauder is vinnig afgehandel.
 
Lauder is verlede week in die plaaslike streekhof tot drie jaar gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat sy die gesteelde geld in paaiement voor 15 Desember vanjaar terugbetaal.

Smit sê die DBV is deursigtig en gaan nie bedrog, diefstal of wanbestuur duld nie. Die DBV het na ‘n interne ondersoek vanjaar in Julie ‘n klag van diefstal teen Lauder ingedien.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...