Bloemfontein man vas oor molestering van vyfjarige

0
800

CHRISTAL-LIZE MULLER

‘n Bloemfonteinse man sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vyfjarige meisie gister in Oranjesig seksueel gemolesteer het.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die 43-jarige man is vermoedelik ‘n buurman. Volgens Marope het die meisie haar ma van die beweerde voorval vertel waarna dit by die polisie aangemeld is. Die man is kort daarna glo deur ‘n plaaslike sekuriteitswag aangekeer. Marope sê die man bly in aanhouding. 

Bloemfontein Courant verneem die meisie sou na verwagting eers gister  mediese toetse ondergaan het.