E Copy

Date:

Coetzee in Rio Paralimpiese span

Die blinde atletiekster van die Vrystaat, Louzanne Coetzee, en haar gids, Khothatso Mokone, het Sondag op ‘n Grand Prix-atletiekbyeenkoms in Berlyn (Duitsland) met ‘n bykans ongelooflike verbetering in die 1500m vir volkome blinde atlete (T-11-kategorie) vorendag gekom.

Coetzee, wat dié nommer in Maart by die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir atlete met fisieke en siggestremdhede in Bloemfontein die Afrika-rekord met ‘n tyd van 5:14,51 verbeter het, het genoemde rekord intussen afgestaan aan die Angolees, Buya, Befilia. Laasgenoemde het op 20 Mei met ‘n skitterende tyd van 5:03,36 in Rio de Janeiro (Brasilië) losgetrek.

Coetzee het egter Sondag dié rekord weer teruggebring Suid-Afrika toe nadat sy in Berlyn die eerste atleet was in die T-11-kategorie en ‘n wêreldklastyd van 5:00,25 losgehardloop het.
Voor die Berlyn-byeenkoms was Coetzee agtste op die wêreldranglys vir beste vertonings vir 2016 in dié nommer, maar na haar puik vertoning in Duitsland is sy tans nommer vier.

Coetzee, wat beter bekend is vir die langer afstande, het haar fokus op Berlyn uitsluitlik na die 1500m verskuif omrede dit die enigste middel- en/of langafstandnommer is waaraan sy moontlik by die Paralimpiese Spele in September in Rio de Janeiro in haar gestremdheidskategorie kan deelneem.

Haar haar poging in Berlyn was egter goed genoeg gewees om ingesluit te word in die Suid-Afrikaanse span wat by die genoemde Paralimpiese Spele gaan meeding. Die span is Dinsdagoggend bekend gemaak.

Coetzee en veral haar gids moes mooi kophou in Berlyn om nie al hulle energievlakke voor die 1500m uit te put nie. Hulle het Saterdag eers aan die 800m deelgeneem en Sondag (drie ure voor die 1500m) die 5000m-wedloop gerieflik as ‘n opwarmingslopie gebruik. Sy het die 800m in 2:38,82 afgelê en 22:18,09 vir die 5000m aangeteken.

Coetzee is die huidige wêreldrekordhouer in die 5000m met ‘n tyd van 19:17,60.
Die voorste atleet in die wêreld vanjaar in die 1500m is Jin Zheng (Sjina, 4:46,19), gevolg deur Maritza Buitrago-Arango (Colombia, 4:47,98), Yvonne Mosquera-Schmidt (VSA, 4:57,68) en dan Coetzee (5:00,25). Renate Teixeira (Brazil, 5:02,30) is kort op Coetzee se hakke in die vyfde plek. – RUFUS BOTHA

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...