E Copy

Date:

Coetzee maak weer geskiedenis in die Moederstad

Die langasem van Bloemfontein, Louzanne Coetzee, het die afgelope naweek weer eens geskiedenis gemaak toe sy die eerste atleet in Suid-Afrika geword het om deel te neem aan die SPAR Grand Prix 10km-vrouewedloop.

DiƩ Paralimpiese ster het saam met haar gids, Claus Kempen, in die gesogte reeks tydens die Kaapstad-been die 28ste plek beklee in 40.16. Die reeks lok die beste atlete in die land oor 10km, asook die buiteland, terwyl Coetzee hoofsaaklik fokus op baanitems en die marathon.

Vroeƫr vanjaar het Coetzee die eerste blinde atleet geword om die pas aan te gee tydens die ikoniese Twee Oseane marathon. Hoewel dit nie tydens die ultramarathon was nie, was dit tydens die 21.1km halfmarathon.

Net ā€˜n paar weke gelede het Coetzee en Kempen aan die Londen-marathon in Engeland deelgeneem, waar sy gekwalifiseer het vir die 2024 Paralimpiese Spele in Parys. Verlede jaar het Coetzee die brons medalje ingepalm tydens die Tokio Paralimpiese Spele in Japan.

Coetzee het nĆ” afloop van die padwedloop gesĆŖ dat sy die SPAR-reeks geniet en sy wil aanstaande jaar weer op die baanitems fokus.

ā€œEk neem deel aan die 1500 meter en marathon by die Paralimpiese Spele, en ek wou die marathon-kwalifikasie uit die pad kry sodat ek volgende jaar op baanhardloop kan fokus. Ek was mal daaroor om vandag deel te wees van die SPAR-padwedloop,ā€ het Coetzee gesĆŖ.

ā€œSPAR doen goeie werk deur hindernisse te verbreek en inklusief te wees.ā€

Dit was ā€˜n goeie wedloop vir die deelnemers van die Rosestad, met die ā€˜koningin van die pad’ Kesa Molotsane, wat die eerste Suid-Afrikaner was wat die eindstreep oorgesteek het.

Molotsane, wat onlangs aangewys is as die Vrystaat Sport-administrateur van die Jaar, het die wedloop in 33:15 voltooi om algeheel vierde te eindig. Slegs die twee Ethiopiƫrs, Tadu Nare (31:53) en Selam Gebre (32:18), asook die Namibiƫr, Helalia Johannes (32:21), was vinniger as Molotsane gewees.

Molotsane het in die algeheel die reeks in die vierde posisie met 147 punte afgesluit.

Sekerlik die Rosestad se bekendste langasem, Zola Budd-Pieterse, wat deesdae in Stellenbosch woon en afrig, het ook aan die padwedloop deelgeneem en sy was veral beĆÆndruk met die diepte van Suid-Afrikaanse atlete.

ā€œVroulike Afrika-hardlopers is die beste ter wĆŖreld, met die Keniane wat oorheers. Ek is beĆÆndruk deur die diepte van talent onder vroulike Suid-Afrikaanse hardlopers,ā€ het Pieterse gesĆŖ.

ā€œGeleenthede soos die SPAR Grand Prix en SPAR Women’s Challenge-wedlope en die pretdraf is baie belangrik om hardloop onder vroue te bevorder. Die ā€˜vibe’ in hierdie wedlope is wonderlik en dit is goed om ‘n wedloop te sien waar die vroue hardloop terwyl die mans op die kantlyn staan en die kinders versorg. Baie vroue begin hardloop nadat hulle aan byeenkomste soos hierdie deelgeneem het. Om goed te verouder, moet jy aktief bly en hardloop is deel daarvan.ā€ – MORGAN PIEK

 

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...

Planned power interruption in Mandela View

Residents of Mandela View are advised to prepare for...

UFS professor appointed to national financial planning board

The University of the Free State (UFS) has welcomed...