E Copy

Date:

Cheetahs-staatmaker keer terug

Die oud-staatmaker van die Toyota Cheetahs, Clayton Blommetjies, is terug by die span in Bloemfontein waar hy gaan uithelp as ‘n leenspeler in die volgende wedstryde in die SA Beker.

Blommetjies, wat meer as ‘n 100 wedstryde agter die blad het vir die Blikore, word tans deur die Stormers in Kaapstad gekontrakteer, maar het vanjaar in slegs een wedstryd gespeel.

Blommetjies het vir sy vrou in Bloemfontein kom kuier en ook die kans benut om sy span by die Toyota-stadion te gaan groet. Die afgelope twee weke of so het hy daar rondgehang en die besluit is geneem om van sy dienste gebruik te maak.

Die Cheetahs-breier, Frans Steyn, het aan Bloemfontein Courant bevestig dat hy Maandagaand vir John Dobson, die Stormers-afrigter, ‘n luitjie gegee het om alles in werking te stel. Blommetjies sal reeds dié week vir die Vrystaat uitdraf as die agterlyn-generaal in hul wedstryd teen die Oostelike Provinsie in die Baai.

Steyn sê op die stadium is daar nog geen sprake van ‘n kontrak nie, maar Blommetjies se ondervinding is waardevol.

“Ja, ek het gisteraand met John Dobson gepraat en hy is by ons. Ons sal sien hoe dit gaan,” het Steyn gesê.

“Veral agterlangs – ek dink ons mis daardie ervaring soms, soos die naweek teen die Pumas, sowel as teen die Luiperds en selfs teen Boland. So miskien is dit ‘n goeie oplossing – ons sal die naweek sien.”

Blommetjies het op sy beurt aan Bloemfontein Courant gesê dit was ‘n maklike besluit om weer sy stewels in Bloemfontein aan te trek.

“Ek sien baie uit daarna – dit was ‘n maklike besluit aangesien my vrou hier is.

“My kinders is nog in Kaapstad, maar vir my was dit glad nie ‘n moeilike besluit nie. Dit is nader aan haar familie, nader aan haar huis, so dit was ‘n ‘no-brainer’ om terug te keer na Bloemfontein en weer by die Cheetahs aan te sluit.”

Blommetjies het hom eers in 2014 by die Cheetahs aangesluit voordat hy in 2017 na die Scarlets in Wallis is. Hy het in 2019 van Leicester Tigers af teruggekeer en weer by Cheetahs aangesluit en later, aan die einde van die 2022-seisoen, is hy Stormers toe. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...