Die Toyota Cheetahs is vir die eerste keer in Engeland waar hulle Sondag hul Europese Uitdaagbeker-veldtog vir 2025/26 in Devon van stapel sal stuur teen die Exeter Chiefs.
Die opwinding loop hoog in die Cheetahs-kamp en hoewel hulle ‘n moeilike jaar beleef het, glo die span vas dat hulle vir die derde jaar die uitkloprondes kan haal. Die Vrystaters het egter net vier groepwedstryde om hul plek in die volgende ronde te bespreek, en dit is uiters belangrik om vinnig Ă©n op ‘n hoĂ« noot te begin.
Exeter, wat spog met die Springbok en voormalige Cheetahs-haker Joseph Dweba, is tans tweede op die Engelse Premierskap-punteleer. Hulle sal bitter moeilik wees om te klop â veral op tuisbodem.
Die Cheetahs het wel ‘n effense voordeel omdat hulle die afgelope paar weke in nat weer kon oefen. Dit behoort te help, maar Exeter is baie meer gewoond aan sulke toestande, en daar word boonop reĂ«n vir Sondag voorspel.
Kaptein en haker Chucky van der Westhuizen het aan Bloemfontein Courant gesĂȘ die reĂ«n het hulle beslis gehelp, maar die span sal nog steeds behoorlik moet opdaag vir die kragmeting.
“Ons het met nat balle geoefen en probeer om die toestande wat ons daar kan teĂ«kom, so getrou as moontlik na te boots,” het Van der Westhuizen gesĂȘ.
“Dit gaan natuurlik nie presies dieselfde wees nie â dit sal kouer en meer uitdagend wees â maar ons doen alles in ons vermoĂ« om soortgelyke weerstoestande in ons sessies in te sluit.”
Van der Westhuizen het bygevoeg Exeter en Stade Français se rugbyfilosofie verskil, en dit sal noodsaaklik wees om vinnig by die kontrasterende spelstyle aan te pas. Tog is die Cheetahs vasbeslote om getrou te bly aan hul identiteit.
“Exeter speel vinnige, hardlooprugby met hoĂ« vaardighede, terwyl die Franse spanne meer fisiek en direk is,” het hy verduidelik.
“Dit is goed vir ons om te sien waar ons kan inpas en die balans tussen daardie twee style te vind.
“Dit gaan beslis moeilik wees, maar ons sien uit na die uitdaging. Ons moet in onsself glo â ons kan nie met ‘n buiteperd-ingesteldheid die wedstryd ingaan nie. Vir ons gaan dit alles daaroor om Ăłns soort rugby te speel, ongeag wie die teenstanders is.”
Sondag se kragmeting tussen die Exeter Chiefs en die Cheetahs op Sandy Park skop om 19:30 af. – MORGAN PIEK







