Die Carel du Toit Spesiale Skool is ‘n skool vir gehoorgestremde leerders, waar hulle leer praat. Die skool is geleĆ« op die terrein van Nasionale Hospitaal. Die graad R-, 1-, 2- en 3-klas het onlangs deelgeneem in die kunsafdeling op die jaarlikse Bloemskou en baie goed gevaar. Al hierdie leerders het eerste of tweede plekke verower met hul pragtige tekeninge.







