Burlesque-sangsensasie besoek Bloemfontein

0
507
Van links is Mary-Ann Pistorius, Leandro en Skye Klopper, wat saam in die Burlesque-vertoning op 2 Maaart by die Aasvoëlklub gaan optree.

Leandro, talentvolle sanger en liedjieskrywer uit Johannesburg, het op die ouderdom van 10 jaar begin sing en sedert se 13 jaar musiek gekomponeer.

In 2017 stel hy ‘n Zoeloe-weergawe van Akanamali vry op YouTube en sedertdien kyk hy net vorentoe. Sy stemtoon maak sy sang iets unieks is in die musiekwêreld.

Leandro stel sy debuutalbum aan die einde van 2017 vry en is op die oomblik besig om die laaste enkelsnit af te rond voordat hy in Maart na die Verenigde State vertrek om sy tweede album vry te stel.

Hy het besluit om ‘n laaste vertoning in Bloemfontein te hou omdat dit ‘n deel van Suid-Afrika is waar hy nog nie voorheen opgetree het nie. Hy het ook deur sosiale media besluit om twee van Bloemfontein se talentvolle en geliefde musici, Skye Klopper van die band Skye Inc. en Mary-Ann Pistorius, ook bekend as Map, te kies om saam met hom op te tree.

“Ek het besef hoe fantasties Skye op die tromme en met haar sangstem is en gedink dat ons saam, met die hulp van Map, iets nuuts en verfrissends na Bloemfontein kan bring.”
Skye het geen bekendstelling aan Bloemfonteinse gehore nodig nie en is welbekend as Bloem se se eie tromspeler. Sy het oor die hele land by venues begin optree toe sy maar 14 jaar oud was. Sy het ook aan die idee gekom om ‘n Burlesque-vertoning te hou ter ere aan die 1940’s- era van variété-vertonings.

Mary-Ann Pistorius, beter bekend as Map, tree gereeld op by Aasvoëlklub. Sy het op 6-jarige ouderdom met jazz-klavier en viool begin. Op 15 het sy haar eie musiek begin komponeer en haarself geleer kitaar speel en sing.

Hierdie betowerende trio dinamiese stemme sal sorg vir soul, pop en ‘n heerlike aand by Aasvoëlklub op Saterdagaand, 2 Maart om 20:00. Kaartjies is beskikbaar by TOMS, Kiki Corner and 59Plenty en kos R100 per persoon.

info@bloemfonteincourant.co.za