E Copy

Date:

Bryan Habana lei Bok-vernuwing teen Azzurri

GEORG VAN ECK

Daar is opwindende vernuwing by die Springbokke.

Dit is nie net ’n opkikkerkuur nie, want ’n uitmuntende senior Bok soos Bryan Habana het gelei en verskeie nuwelinge het ’n rol gespeel sodat vier van Suid-Afrika se vyf drieë deur agterspelers op Kingspark in Durban behaal is.

Toegegee die Azzurri van Italië is nie die All Blacks, Wallabies en Poemas nie, maar dit is ’n klinkende sege oor die span wat vanjaar vierde in die Sesnasie-reeks geëindig het.

Die hef aan lê voor vir die Bokke van Jean de Villiers, want Saterdag wag die Skotte in die Mbombela-stadion in Nelspruit en daarna die omgekrapte Samoane op Loftus Versfeld in Pretoria.

Heyneke Meyer en sy afrigtingspan sal hard moet praat oor daardie insinking wat die Bokke vir bykans die hele tweede helfte beleef het.

Geen span kan rugby speel as hy vir meer as ’n kwart van die wedstryd minder as 10% balbesit wen nie. Ná ’n uitstekende begin het die Bokke skielik in die skrums en lynstane begin klei trap. Vier skrum-strafskoppe is afgestaan en balbesit is in die lynstane verloor.

Toegegee Tendai Mtawarira (loskopstut) en Eben Etsebeth (vierslot) het teruggekeer ná beserings, terwyl Jannie du Plessis as vaskopstut ’n harde seisoen agter die rug het en hul direkte teenstanders, Lorenzo Cittadini, Marco Botolami en Alberto De Marchi is ysters, maar dit verskoon nie die inskinking nie.

Dalk moes daar vinniger van plaasvervangers soos Trevor Nyakane, Flip van der Merwe en Coenie Oosthuizen gebruik gemaak gewees het, want Italië kan skrum.

Jano Vermaak het op skrumskakel vinnig skoongemaak en nadat hy beseer is, het Ruan Pienaar weer ’n koelkop-vertoning gelewer.

Die senior Bokke, Morné Steyn en De Villiers, het saam met Habana. Steyn het nie net uitstekend pale toe geskop nie, maar sy taktiese skoppe het Italië laat bontstaan. Die losskakel het ook aanvallend gespeel en sy agterlyn seepglad weggekry.

Aan sy buitekant het De Villiers op die aanval en veral die verdediging ’n sleutelrol gespeel om nuwelinge soos om vir die opwindende Willie le Roux en haastig JJ Engelbrecht asook Björn Basson kanse te skep.

Al die nuwelinge bevredigende vertonings gelewer, maar daar moet kommer oor Pierre Spies se spel op agtsteman wees. Hy is nie betrokke nie. Juandré Kruger moet meer doen as net rank in die lynstane.

Dit nogtans ’n baie goeie begin vir die internasionale seisoen.

Punte:

Suid-Afrika 44 (20). Drieë: Adriaan Strauss, JJ Engelbrecht, Bryan Habana, Jean de Villiers, Björn Basson. Doel: Morné Steyn (5). Straf: Steyn (3). Italië 10 (0). Drie: Alberto Sgardi. Doel: Alberto Di Bernardo. Straf: Di Bernardo.

Bepalings in die Mbombela-stadion:

14:15:
Samoa teen Italië; 17:15: Suid-Afrika teen Skotland.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...