E Copy

Date:

Twee Vrytaters in Fedbeker o.16-tennisspan

GEORG VAN ECK 

Twee Vrystaters, die Botes-tweeling van Oranje Hoër Meisies in Bloemfontein, Huibré-Maré en Louise-Maré, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse junior tennisspan wat aan die kwalifiserende toernooi vir die Wêreld o.14-eindtoernooi en die o.16 Fed- en Davisbeker gaan deelneem.

Die toernooi het Maandag begin en duur tot Saterdag in Tunis in Tunisië.

Die wenners van die kwalifiserende toernooi sal na die 2013 o.14 Wêreld Junior-eindtoernooi en die o.16 Fed- en Davisbeker deurdring.

Die Wêreld Junior-eindtoernooi vind van 5 tot 10 Augustus in Prostejef in die Tsjeggiese Republiek plaas, terwyl die wenners van die Fed- en Davisbeker kwalifiserende toernooi na Mexiko sal reis waar hulle in die BNP Paribas-eindtoernooi van 23 tot 29 September sal deelneem.

Die Suid-Afrikaanse span is:
Meisies o.14: Lee Barnard (NG), Zani Barnard (NG) en Minette van Vreden (Boland).
Seuns o.14: Richard Thongoana (SG), Lance-Pierre du Toit (Boland) en Rossouw Norval (Boland).
Meisies o.16: Nadine de Villiers (SG), Huibré-Maré Botes (VS) en Louise-Maré Botes (VS).
Seuns o.16: Lloyd Harris (WP), Brandon Laubser (OG) en Francois Kellerman (Boland)

Die afrigters van die spanne is: Terrey Schweitzer (OG) en Jared Temlett (KZN).

–Tennis SA.

Share post:

Popular

More like this
Related

Roadwork in Willows well underway, Ella Street temporarily closed

Residents and motorists are urged to drive cautiously in...

UFS students excel at 2025 SDG Challenge

A group of University of the Free State (UFS)...

Planned power interruption in Caleb Motshabi later this week

Residents in Caleb Motshabi will experience a planned power...

Power outage at Mangaung DC causes interruption

Centlec is working to restore the power supply to...