E Copy

Date:

Brand beskadig Wepener-stadsaal

 

Die polisie in die Vrystaat ondersoek die moontlikheid van brandstigting nadat die historiese stadsaal op Wepener vanoggend vroeg in ‘n brand beskadig is.
Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, het bevestig dat dele van die saal, waar die munisipale geboue geleë is, omstreeks 02:00 vanoggend aan die brand geraak het.
Hy sê die oorsaak van die brand is nog onbekend en dat dit deel sal vorm van die polisie se ondersoek. Ngcukana sê die brand is reeds vanoggend vroeg geblus.
“Ons kan op hierdie stadium nie sê waar in die gebou die brand begin het nie. Dit is net die hoofsaal wat in die brand beskadig is, en ons is gelukkig dat die munisipale kantore nie self uitgebrand het nie. Daar was ook nie enige dokumente wat in die proses vernietig is nie.”
Hoewel brandstigting as moontlike oorsaak nie uitgesluit word nie, is geen verdagtes nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die sandsteengebou is in 1927 opgerig. – Mark Steenbok, OFM News
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...