E Copy

Date:

Bloemfonteiners trek hul kruisies kort voor stemlokale sluit

Geregistreerde kiesers het gisteraand kort voor stempunte om 19:00 gesluit het, hul kruisies getrek. Die 18-jarige Jandré van der Walt het vir die eerste keer in ‘n verkiesing sy stem uitgebring. Hy het by die stemlokaal by die NG-kerk Heuwelsig in Bloemfontein gaan stem in die hoop om lang rye te vermei. Daar was slegs ‘n paar kiesers by die stemlokaal.

Hy het laat geslaap en dit was koud. Sy ouers het vroeër die oggend gaan stem. Hulle het in ‘n lang ry gewag, daarom het hy besluit om later te gaan stem. Volgens hom is dit belangrik dat mense stem omdat Suid-Afrikaners kan herenig.

Fanie Steyn en Hans van Rooyen het ander verpligtinge gehad, maar nie geskroom om die koue te trotseer en te gaan stem nie.

Steyn sê hy en sy gesin het laat van hul plaas in die Karoo in Bloemfontein aangekom. Hy en sy vrou het gaan stem omdat Suid-Afrikaners ‘n verantwoordelikheid het om te stem.  Van Rooyen het na werk gaan stem. Hy glo dit maak ‘n verskil om te stem. “As almal besluit om nie te stem nie, gaan niks werk nie.” – Christal-lize Muller

 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...