E Copy

Date:

‘Bloembuild expo’ koors tref die Rosestad

Opsoek na nuwe bouprodukte vir opwindende veranderinge in die huis of kantoor? Kom maak gerus ‘n draai by die ‘BloemBuild Expo’ op 23 en 24 Julie 2014 by die Callie Humansaal op die UV-Kampus, vir die nuutse tendense en produkte op die mark!

Dié Ekspo, word vir die tweede keer vanjaar deur die Vrystaatse Instituut van Argitekte (VIA), in samewerking met die Departement Argitektuur, Universiteit van die Vrystaat (UV), aangebied en beloof om baie opwindend te wees.

BloemBuild-koors loop alreeds hoog in die Rosestad met ongeveer 50 uitstallers (wat grootliks uit die VIA se geassosieerde lede (vervaardigers/verskaffers) en ander rolspelers vanuit die boubedryf sal bestaan) wat hul produkte/dienste ten toon sal stel. Enige iets van verskillende soorte verf, energiebesparende (“groen”) produkte en alternatiewe boumateriaal sal uitgestal word.

Die Callie Humansaal bied meer uitstalruimte, en parkering in die omgewing is volop. In die middel van die saal sal ‘n bokskryt/arena opgerig word, waar ontwerp-uitdagings en ‘n Mosaiek-werkswinkel sal plaasvind. Eerstens sal studente in spanne van drie teen mekaar op rekenaars meeding vir die beste ontwerp, gevolg deur die tweede uitdaging tussen studente/professionele persone. Enige professionele persone (argitekte, ingenieurs en bourekenaars) vanuit die Boubedryf mag ‘n span van drie persone inskryf. Beperkte aantal spanne kan egter deelneem en groot pryse is op die spel!

Vele lesings sal dié twee dae gehou word en professionele persone kan kategorie 1 CPD-krediete vir bywoning verdien. Sien die ‘BloemBuild’-advertensie vir meer besonderhede en ‘n volledige program!

Vir dié wat net wil kom ontspan en ‘n “kreatiewe” oomblik wil geniet: Kaartjies vir die Mosaiek-werkswinkel op 23 Julie 2014, is tot 19 Julie 2014 by Polkadot Craft Studio (Pretty Garden Sentrum) en die VIA-kantoor (Fichardthuis, Elizabethstraat 40) te koop.

Dag twee (24 Julie 2014) beloof ook ‘n opwindende Werkswinkel deur Laminin Paints. Die volgende sal onder andere gedoen en bespreek word: Wat is verf en hoe word dit vervaardig? ‘n Voorbeeld van verf sal op terrein gemaak word. Watter verf om te gebruik, waar, hoe en hoekom? Kwaliteit verwe vir elke probleem-area. Verskillende soorte verwe en kleure op die mark en hoe en waar om elke kleur aan te wend. Pryse is ook op die spel. Beslis ‘n interessante werkswinkel wat jy nie kan mis nie!

Kyk ook uit vir Global Roofing Solutions se nuwe Klip Tite Mill-masjien wat voor die gebou parkeer sal word en voorbeelde van hul staaldakplate aan belangstellendes sal voorsien. Die masjien sal gereeld gedurende dié twee dae aangeskakel word en almal is welkom om te kom kyk hoe die rol van plate gedoen word!

Kry jou bywoningskaart by die VIA se inligtingstoonbank, neem dit saam na elke uitstalruimte vir ‘n stempel/plakker, handig dit weer in by die inligtingstoonbank en kwalifiseer só vir ons prystrekkings! Groot pryse kan vanjaar gewen word: ‘n Badkamerstel (geborg deur Waterways), eetbewyse (geborg deur The Terrace), verblyf en etes vir twee persone vir een nag by De Oude Kraal Country Estate & Spa, en vele meer!
‘n Oorsig-uitstalling van werk deur argitektuurstudente sal tydens die Winterskool en Ekspo by die Departement van Argitektuur besigtig kan word.

Huiseienaars en ontwikkelaars sal beslis baat vind deur dié Ekspo-geleentheid by te woon. Toegang tot die Ekspo, Lesings en alle Werkswinkels (buiten die Mosaiekwerkswinkel) is GRATIS!

Die VIA vertrou dat hierdie Ekspo jaarliks sal groei en uitbrei. Vir meer inligting kontak die VIA-kantoor by 051-447 4909 / admin.fsia@saia.org.za.

Share post:

Popular

More like this
Related

The power of gold in an uncertain economy

Gold remains a steadfast asset in turbulent times, rising...

$urf & Flxcko drop new single ‘Skaba Eqala’ featuring Ntate Stunna

Rising hip-hop duo $urf and Flxcko El Rey have...

Three times a charm – local athlete shares his life-changing Comrades moment

The Comrades Marathon may be famous being the world’s...

Four suspects nabbed for copper theft

The Free State police have arrested four men in...