E Copy

Date:

Bfn-drawwer: Familie dankbaar drie is vas

Die familiewoordvoerder van die Bloemfonteinse vrou wat bykans vyf weke gelede aangerand is terwyl sy gedraf het, sê hulle is dankbaar drie verdagtes is weens die voorval vas.Hy sê die familie van die drawwer, wat verkies om anoniem te bly, loof die polisie vir hul deeglike werk en goeie diens. Dit kom nadat Charmaine le Roux, haar dogter Charndrei en hul beweerde tuinier, Jerry Brummer, vandag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn het.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller berig dat hulle aangekla word van poging tot moord, sameswering om ‘n moord te pleeg en roof.

Die drie verdagtes is Dinsdag buite die stad in hegtenis geneem.

OFM-nuus verneem vertroulik dat Chandrei bekend is aan die vrou wat aangeval is en vir die dood in ysige koue gelaat is.

Die aangeklaagdes se advokaat, Willem Edeling, het in die hof aangevoer Chandrei is ‘n kankerlyer en moet behandeling ontvang. Landdros Cornelius Momkgobo het daarna beveel sy kan medies behandel word, terwyl sy en haar ma in aanhouding is by die Parkweg-polisiekantoor tot hul eerskomende Dinsdag aansoek kan doen om borgtog.

Die hof het ook beveel dat Brummer medies ondersoek moet word na hy glo in aanhouding deur die polisie aangerand en met elektrisiteit geskok is. Edeling het gesê Brummer is nog doof in die linkeroor na die beweerde aanranding. Dit is nog onduidelik of ‘n klag van aanranding teen die polisie ingedien gaan word.- Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...