E Copy

Date:

Behoud van Afrikaans aan UV

CHRISTAL-LIZE MULLER

Solidariteit gaan betrokke raak en insette lewer aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalkomitee. Die komitee sal op sy beurt in November aanbevelings oor ‘n taalbeleid aan die universiteitsraad voorlê, nadat die UV ‘n proses begin het om sy beleid te hersien. Johan Botha, hoof van die professionele bedryf in die vakbond, sê ‘n omvattende veldtog vir die behoud van Afrikaans aan die UV is van stapel gestuur na ‘n brief deur die rektor, Jonathan Jansen aan personeellede. Hy sê Jansen ondersteun die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal in dié brief en verwys glo ook in die brief na die nadele van ‘n dubbelmedium-onderrigtaal.

Solidariteit het Jansen in kennis gestel van die vakbond se voorneme om insette aan die universiteit se taalkomitee te lewer. As
deel van hul veldtog is ‘n platform geskep vir mense wat pro-Afrikaans is om hul stem oor die taalbeleid uit te bring. Daarmee saam kan die moontlike afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal by die UV verreikende gevolge inhou.

‘n Interne taakspan is ook saamgestel wat die reaksie van mense in die veldtog gaan monitor en insamel, wat dan in ‘n dokument verwerk gaan word en aan die taalkomitee voorgelê gaan word. Hy sê die samestelling van die UV se taalkomitee is nog nie duidelik nie, maar die vakbond beywer hom nietemin vir die behoud van Afrikaans aan Kovsies. Jansen het vroeër aan Bloemfontein Courant gesê die UV het geen vooropgestelde eindpunt wat bereik moet word rakende die hersiening van ‘n taalbeleid nie, nadat die instelling ‘n proses begin het om sy beleid te hersien. Volgens hom is die UV nie ‘n politieke organisasie nie en gebruik nie sy magte om ‘n bepaalde punt te bereik nie. Die universiteit weet nie wat die uitkoms van die hersieningsproses gaan wees nie, maar dit is belangrik dat dit plaasvind sodat ongemaklikhede rondom die beleid uitgewys kan word.

Dit is egter vir hom onverstaanbaar dat daar mense is wat reeds besluit het wat die uitkoms van die proses gaan wees. Hy moedig belanghebbendes aan om betrokke te raak. "My boodskap is, neem deel aan die proses, maak seker jy word gehoor, moet nie ‘n politieke saak hiervan maak nie. Ons land het genoeg hartseer aan weerskante uit die verlede oor emosionele en politieke bestuur van ‘n taalbeleid."

Jansen sê hy gaan as persoon sy eie standput stel as ‘n lid van die personeel en nie as rektor nie. Die taalbeleid in Suid-Afrika sal altyd deel vorm van die transformasie-debat om akademie meer toeganklik vir alle studente te maak.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...