E Copy

Date:

Anchor of Hope: Skuiling neem vorm aan

Bloemfontein Courant het voorheen berig oor Anchor of Hope se verwagte vroue- en kinderskuiling, ’n plek van veiligheid vir dié wat dit gaan benodig. Sedertdien is die niewinsgewende organisasie besig om die huis in te rig en gereed te maak vir die skuiling se opening.

Anchor of Hope se Boeta Swart het vertel dat die huis, wat deur die Tant San Trust geskenk is, in 1942 gebou is as ’n hospitaal. Die huis het 16 kamers van verskeie grotes, en sal 16 gesinne kan huisves.

“Ons moes al die sement van die mure afhaal, dit opnuut pleister en oorverf binne,” het Swart vertel. Die werk aan die huis het nie daar gestop nie, al die loodgieterswerk, asook die elektriese verbindings is oorgedoen.

“Die vloere is oorgedoen en ons is tans besig om nuwe deure in te sit,” het Swart bygevoeg. Om die huis is geute vervang, plaveisel gelê, en die dak is verseël. “Ons is besig om [die perseel] agter te beveilig, asook die kante omdat hier vroue en kinders gaan wees,” sê Swart.

“Daar is baie strukturele werk wat aan die gebou gedoen is. Wanneer dit gereed is, moet ons vir meubels gaan soek. Ons het al van die meubels gekry, maar ons benodig elektriese toestelle.”

Swart het gesê dat Anchor of Hope mik om teen Februarie 2025 die skuiling se deure oop te maak vir agt gesinne, wat uit ma’s en kinders sal bestaan, voordat hulle uitbrei na 16 gesinne.

Anchor of Hope se Boeta Swart. FOTO: WARREN HAWKINS

“Ons behoort Januarie klaar te wees met al die strukturele werk,” het Swart vertel, “maar dan is daar sekere wettige stappe wat gevolg moet word, soos kontrakte vir die mense wat hier bly, die kinders wat hier bly.”

Gesinne sal by die skuiling geplaas word deur welsyn of die hof. Dáár sal gesinne toegang hê tot berading, asook maatskaplike werkers. Anchor of Hope sal ook help om vir die ma’s werk te kry om hul gesinne te ondersteun.

“Ons is baie geseën,” vertel Swart van die projek. “Daar is baie mense wat van die gemeenskap gekom het, wat besighede het en al die arbeid betaal het. Mense het vir ons goed teen baie spesiale pryse gegee, die hele gemeenskap het ingeklim.”

 

Warren Hawkins

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...