E Copy

Date:

Alles het begin met ’n misvormde skilpad

Jacobus Silwer is nie net ’n welbekende sanger en dan en wan akteur nie, deesdae skets hy ook. Die tekentalent is net nog een van vele talente waarmee Silwer geseën is en wat hy al van kleintyd af ontwikkel. “Ek onthou ’n baie misvormde skilpadjie met vetkryt agter in ’n psalmboek en ’n groot swartbord teen my slaapkamermuur toe ek nog baie klein was, so ek moet aanneem dat my liefde vir skets gebou is voordat ek kon lees of skryf,” vertel hy.

Wanneer hy voor ’n skoon bladsy gaan sit met ’n swart pen in die hand en die moontlikheid van ’n nuwe skepping in sy gedagtes, kort hy net ’n onderwerp en dan volg die sketsproses baie vinnig. “’n Skets is ’n kunstenaar se eie vertolking van die bestaande skepping wat hy weergee. My eie siel en my eie gevoelens manifsteer in elke tekenhaal op die bladsy. Ek leef my uit in elke skets wat ek doen,” verduidelik Silwer. Met die verskillende tipes kuns wat Silwer aanpak, meen hy die ‘siel’ van die kuns is dieselfde. “Uit die aard van die saak verskil die vorm van uitdrukking en is dit baie makliker om ’n skets te doen as om ’n liedjie te skryf. Die verskeie kunsvorms gebeur makliker as ek in die regte bui is,” meen hy.

Die kuns Jacobus Silwer moet nou eers bietjie opsystaan en plek maak vir ’n nuwe bondeltjie vreugde. Die Silwers sien uit na die koms van ’n dogter op 13 Augustus. “Almal sê vir ons mens is nooit gereed nie, maar ons is uitgelate en baie opgewonde. Dit is ’n nuwe fase wat ek en Lizzy nou ingaan en ons kan nie help om daarna uit te sien nie,” vertel Silwer opgewonde. Wat die jaar verder inhou, is nie ’n groot geheim nie. Dit sluit ’n album oor die Al die Pad van Bloem-projek in, ’n Moments-konsert wat in die Sand du Plessis-teater plaasvind, sowel as ’n splinternuwe Jacobus Silwer-album en ’n uistalling. Hou Silwer se Facebook-blad dop vir meer inligting.-Jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...