E Copy

Date:

Aktiwiteite by die skouterrein gaan voort soos normaal

Die bestuur van die Bloemskou het Bloemfonteiners verseker dat aktiwiteite op die by skouterrein, besighede in en om die terrein, asook veilings soos normaal voortgaan.

Dit nadat ‘n gedeelte van die skouterrein onlangs geindentifiseer is as ‘n fasiliteit wat in die behoeftes sal voldoen vir ‘n veld hospitaal vir Covid-19 pasiënte.

Volgens die uitvoerende hoofbeampte van die Bloemskou, Elmarie Prinsloo, het die skouterrein die  infrastruktuur om die bedkapasiteit te verhoog soos nodig.

“Dit is belangrik dat die publiek en kliënte verstaan dat die skouterrein meer as die 330 000m² beslaan en slegs 20% hiervan gebruik word vir die hospitaal, ” sê sy.

Prinsloo sê verder dat die Vrystaatse Departement van Gesondheid alle partye en die publiek verseker dat alles moontlik gedoen word om die daaglikse vloei van bedrywighede by besigheid te verseker.

Daar word ook hoëvlak-sekuriteit en infeksiebeheermaatreëls toegepas om blootstelling van die publiek te vermy.

Vir enige navrae, kontak die skoukantoor by 051-4489894.

Sazly Hartzenberg

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...