E Copy

Date:

Agribesighede kry welkome ondersteuning

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gister in samewerking met Standard Bank ‘n nuwe transformasieprogram vir agribesighede bekendgestel.

Die doel van die program, wat by Nampo bekendgestel is, is om swart kommersiële boere en volhoubare landboubesighede in swart besit in die Vrystaat te ontwikkel.

Die bekendstelling het leiers in die landbou, sakesektor, media en baie ander bymekaar gebring. Tydens die bekendstelling is die belangrike punte van die program herhaal asook die vlak van vaardighede wat nodig word om hierdie vennootskap te mobiliseer.

Die fokus van die program is op opkomende boere wat toegang tot grond het. Die eerste groep van 25 boere is klaar deur die Vrystaatse Departement van Landbou geïdentifiseer en opleiding het in Februarie vanjaar begin.

Die UV sê In ‘n persverklaaring die universiteit, Standard Bank en die Vrystaatse Departement van Landbou glo een van die dinge wat nodig is vir die ontwikkeling van swart kommersiële boere en agribesighede, is sterk vennootskappe.

Hulle verduidelik verder deur effektiewe vennootskappe sal werkskepping en die verbetering van voedselsekuriteit moontlik wees.

Die Rektor en Visekanselier van die UV, Prof. Francis Petersen, sê hulle is opgewonde om uiteindelik by te kan dra tot die produktiewe agribesigheidsektor in Suid-Afrika. “Die impak van die program is wyd en die toekoms bied geleenthede om ‘n model te ontwikkel wat in die res van Suid-Afrika en Afrika ook gebruik sal kan word.” – Sazly Hartzenberg [email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...