E Copy

Date:

AfriForum ontevrede oor VS- stortingsterreine

Christal-Lize Muller

Bloemfontein – ‘n Onafhanklike oudit wat verlede maand deur die burgerregtegroep, AfriForum,  saamgestel is dui daarop dat talle munisipale stortingsterreine oor die Vrystaat heen nie korrek bestuur word of aan wetlike regulasies voldoen nie.

AfriForum se CW Els sê meer as die helfte van die 15 Vrystaatse stortingsterreine wat deur die organisasie geoudit is het nie voldoende permitte of afvalbestuurlisensie nie.

Dit kom nadat AfriForum verskeie stortingsterreine van munisipaliteite soos Nala, Metsimaholo, Ngwathe en Tokologo besoek. Els sê dit is veral terreine in kleiner dorpies wat haglik is soos die stortingsterrein op Heilbron waar mense letterlik op die terrein bly. Die toestand van die Mangaung Metro se stortingsterreine is in ‘n beter toestand vergeleke die toestand van terreine op die platteland.

AfriForum se oudit vorm deel van dié burgerregte-organisasie se nasionale veldtog om ‘n veilige natuurlike omgewing vir gemeenskappe oor die land heen te bewerkstellig.

Volgens Els het AfriForum aanmanings aan die onderskeie munisipaliteite gestuur sodat die probleme opgelos kan word.

Share post:

Popular

More like this
Related

Celebrate Human Rights Day at Oliewenhuis Art Museum in Bloemfontein

Oliewenhuis Art Museum invites the public to celebrate Human...

Boikhuco Old Age Home to host fundraising gala dinner in Mangaung

The Mangaung Society for the Care of the Aged...

Planned power interruptions in the city from 25-27 March

Residents from various areas in the Mangaung Metropolitan Municipality...

Making the most of your bonus this bonus season

While December is known for South Africa’s traditional 13th...