E Copy

Date:

AfriForum ontevrede oor VS- stortingsterreine

Christal-Lize Muller

Bloemfontein – ‘n Onafhanklike oudit wat verlede maand deur die burgerregtegroep, AfriForum,  saamgestel is dui daarop dat talle munisipale stortingsterreine oor die Vrystaat heen nie korrek bestuur word of aan wetlike regulasies voldoen nie.

AfriForum se CW Els sê meer as die helfte van die 15 Vrystaatse stortingsterreine wat deur die organisasie geoudit is het nie voldoende permitte of afvalbestuurlisensie nie.

Dit kom nadat AfriForum verskeie stortingsterreine van munisipaliteite soos Nala, Metsimaholo, Ngwathe en Tokologo besoek. Els sê dit is veral terreine in kleiner dorpies wat haglik is soos die stortingsterrein op Heilbron waar mense letterlik op die terrein bly. Die toestand van die Mangaung Metro se stortingsterreine is in ‘n beter toestand vergeleke die toestand van terreine op die platteland.

AfriForum se oudit vorm deel van dié burgerregte-organisasie se nasionale veldtog om ‘n veilige natuurlike omgewing vir gemeenskappe oor die land heen te bewerkstellig.

Volgens Els het AfriForum aanmanings aan die onderskeie munisipaliteite gestuur sodat die probleme opgelos kan word.

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...