E Copy

Date:

Aanstap rooies…

Aanstap rooies, perses, wittes, groenes, geles en meer! Dit was die kleurryke pretstap van Willem Postma Primêre Skool verlede week op Naval Hill. Sowat 1 500 kinders het verskillende kleure gedra en soos opgewonde eekhorinkies die prettige 5km-pretstap op die Parkrun-roete voltooi. Sommige se ouers het saamgestap.

IMG_4783 (2)
Die gr.5-meisies was te fraai in hul geel uitrustings.

Die tema van die pretstap is die sewe karakterwaardes waarop daar reeds sedert 2014 by die skool gefokus word, naamlik: geloof, omgee, respek, burgerskap, regverdigheid, verantwoordelikheid en betroubaarheid. Elke graadgroep beeld een van hierdie karakterwaardes uit.

IMG_4781 (2)
Van die jonger kinders van Willem Postma kon nie wag dat die pretstap begin nie.

Die pretstap vorm deel van die skool se verjaardagvieringe. Vanjaar is hierdie gewilde skool 71 jaar oud! Die pretstap is ook ‘n fondsinsamelingsprojek. ‘n Deel van die geld word aangewend om hulpbehoewende kinders in Willem Postma te help. – Sandra Mulder
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Man arrested after alleged murder in QwaQwa

A 29-year-old man is expected to appear before the...

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...