E Copy

Date:

‘n Alternatiewe plan is nodig wanneer mense in nood verkeer

Die polisie ontvang sowat 29 400 noodoproepe per dag by sy 22 beskikbare inbelsentrums oor die land heen. Dié oproepe is op die polisie se 10111-nommer, wat beskikbaar is aan mense in ‘n misdaadverwante situasie.

Volgens die polisie se korporatiewe kommunikasiehoof, Vishnu Naidoo, kom die daaglikse oproepe wat ontvang word, op sowat 20 oproepe per minuut neer. Volgens hom wek die aantal oproepe wat fob is, groot kommer, omdat dit ‘n onnodige vermorsing van hulpbronne en tyd is. In die lig hiervan sê die versekeringsmaatskappy, Virseker, se woordvoerder, Elmarie Twilley, die polisie en ander nooddienste is reeds onder geweldige druk, terwyl hulle ‘n diens met beperkte hulpbronne moet lewer. Dit is daarom noodsaaklik dat mense in nood weet wie om te bel vir hulp. Sy sê dit is soms moeilik om op die polisie se noodlyn deur te kom, daarom moet mense ander alternatiewe gereed hê.

Sy beklemtoon hoe belangrik dit is dat mense voorbereid op noodgevalle moet wees. Een van Twilley se wenke is dat mense altyd ‘n lys met noodnommers byderhand het ingeval die polisie nie vinnig genoeg kan reageer nie. Dié lys moet nommers bevat van dokters in ‘n gebied, die brandweer, private nooddiensverskaffers, loodgieters en elektrisiëns. Sy sê huiswerkers moet ‘n telefoon vir noodgevalle beskikbaar hê om mee te bel indien nodig.

Sy sê die polisie beveel ook aan dat telefoonnommers van die naaste polisiestasie en mediese nooddienste byderhand is, dat jy probeer om 08600 10111 as alternatief vir 10111 probeer bel, terwyl die nommer 112 op selfone gebel kan word.

Wanneer mense die polisie of ander nooddienste bel, moet hulle seker maak dat hulle ‘n gedetailleerde beskrywing van die voorval verskaf en besonderhede van die adres, waar die voorval gebeur het, byderhand hê. Maak seker dat jou huis- of erfnommer duidelik sigbaar is en stel die owerhede in kennis wanneer ‘n straatnaam nie duidelik aangedui word nie. Nog wenke sluit in:

Maak gebruik van die slimfoontoep wat sleutelkontakte in kennis kan stel wanneer jy in ‘n noodsituasie verkeer.

Wees deel van beskikbare veiligheidstrukture (buurtwagte) en bestaande groepe op sosiale media, waar waardevolle inligting en ander gevare deurgegee kan word.

Hou jou bure se besonderhede op jou foon of skryf dit êrens neer. Maak seker dat jy weet watter motors hulle besit, sowel as wie op hul erwe werksaam is.

Mense wat in veiligheidskomplekse bly moet aandring op streng reëls, wat vereis dat besoekers en kontrakteurs fyn gekeur en geïdentifiseer word.

Dring daarop aan dat sekuriteitspersoneel goed opgelei is en deeglik is in die voltooiing van besoekersregisters. – Christal-Lize Muller

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...