E Copy

Date:

Willem Postma vier 80 jaar van uitnemendheid!

Willem Postma het hul 80ste bestaansjaar met groot geesdrif gevier. Die feesvieringe het in die saal afgeskop met Teambo, wat groot pret vir die kinders en onderwysers gebring het. Daar was videoboodskappe van bekendes soos Phillip de Vos, Anton Goosen en Wilhelm van der Walt. Verskeie skoolhoofde van buurskole het ook seënwense aan die skool oorgedra.

Skoolhoof, Sakkie Matthee (links), en Waarnemende Adjunkhoof, Pieter Klindt. FOTO: HETTA STEYN

Soos in die jare waarin Willem Postma ontstaan het, is die kinders bederf met mosbolletjies en lemoensap – net soos toe die kinders in daardie tyd ’n mosbolletjie en halwe lemoen by die skool ontvang het. Hierdie vieringe het nie net die geskiedenis van die skool gevier nie, maar ook die volgende generasie leerders met hoop en visie geïnspireer.

Willem Postma is amptelik 80 jaar oud. FOTO: HETTA STEYN

Die saal was stil en aandagtig toe Liam Shaw, ons hoofseun, sy boodskap gedeel het: “Wees vinnig om lief te hê en stadig om te oordeel. Skud jou vere reg – ons mag soos katte lyk wat room gekry het, want lewe is diens.” Lisa Bornman, ons hoofmeisie, het ook diep indruk gemaak met haar woorde: “People can live for a hundred years without really living one minute.” Gaan groot, Possie – ons sien uit na die volgende 80 jaar van uitnemendheid!

– Ané van Schalkwyk (gr. 6 O’Kulis-redaksie)

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...