‘n Paar gerekende skermers van die Vrystaatse Amateurskermklub het die afgelope vakansie hul kleim behoorlik afgesteek by die Wes-Kaapse Ope Kampioenskapstoernooi.
Van die lede wat uitstekend gevaar het in die toernooi, wat in die Moederstad beslis is, is Berne Beukes, Miguel Ribeiro, Klarise Ribeiro, Minke Vorster (eerste kompetisie), Renier Veitch en Jürgen Schröder.
Twee Vrystaatse skermers, Berne Beukes en Miguel Ribeiro, het ook gekwalifiseer om volgende maand aan die Afrika-kampioenskap in Lagos, Nigerië, deel te neem.
Die Vrystaters se prestasies sluit in:
• Jürgen Schröder (afrigter): Goud in Senior Sabel: Veterane, asook goud in Senior Degen: Veterane Goud
• Berne Beukes: Silwer in Floret: o.20, goud in Floret: o.17, en goud in Degen: o.17
• Klarise Ribeiro: Silwer in Degen: o.13
• Miguel Ribeiro: Silwer in Sabel: o.20, en silwer in Degen: o.15.
• Renier Veitch: Silwer in Sabel: Senior Mans
Pieter Delport







