E Copy

Date:

VS-regering wil hande vat met georganiseerde landbou

Christal-Lize Muller

Die Vrystaatse LUR van landbou, Mamiki Qabathe, stem saam met Vrystaat Landbou dat leierskap op alle gebiede in die bedryf benodig word.

Dit kom nadat die president van Vrystaat Landbou, Dan Kriek, vandag op die organisasie se jaarlikse kongres oor twee dae in Bloemfontein ‘n beroep op die regering gedoen het om leierskap te toon. 

In reaksie hierop het Qabathe gesê alle betrokkenis in landbou moet saamwerk en die verhouding moet op wedersydse vertroue gegrond wees. Sy het gesê die regering vra, soos georganiseerde landbou, dat hulle ook vertrou moet word.

Volgens Qabathe is landbou in Suid-Afrika verantwoordelik vir die produksie van kos om voedselsekerheid plaaslik te verseker. Juis daarom is die bedryf en die rol wat dit speel belangrik vir die regering.

Die kongres duur tot môre.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...