Die week het vir VR Security met ‘n somber gevoel begin nadat hulle nuus ontvang het oor die heengaan van een van hulle kollegas, Danna Diedericks. Diedericks werk sedert 2017 vir VR Security en was die spanleier van sy skof. In ‘n boodskap op hul sosiale media het VR Security Diedericks geĆ«er vir sy harde werk en toewyding wat die gemeenskap in die algemeen gebaat het.
“Hy was een van die mees gerespekteerde en geliefde mense wat altyd ‘n snaakse grappie of opmerking gehad het wanneer jy dit die minste sou verwag. Hy was werklik ‘n legende in eie reg en was toegewyd aan sy werk en sy gesin. Danna, jy sal deur almal gemis word.”
Hier is ‘n paar boodskappe van mense saam met wie hy gewerk het:
Corlee du Toit: āDanna was altyd ons leier en hy was ons stuinpilaar. Hy was gewilig gewees om te ry en te gaan help, daar was nooit ān nee of miskien nie, net ān āja, ek is op padā. Hy was ān kollega met ān ruggraat en ook ān hart van goud. Hy gaan erg baie gemis word. ā
Tiaan Stroebel: āEk wil net sĆŖ dat dit ān groot voorreg was om saam met Oom Danna te kon werk, ek het hom dalk nie so lank geken soos baie mense nie maar wat ek wel weet van die tydjie wat ek Oom Danna geleer ken het, is dat maak nie saak wat gebeur nie, Danna staan altyd op vir sy span en maak seker dat almal hulle werk reg doen maar darem pret ook kan hĆŖ … Oom Danna help altyd, maak nie saak hoe ver weg jy mag wees nie. Hy is en was altyd net een knoppie weg, dan was hy daar. Gaan oom Danna baie erg mis, mag oom Danna nou uiteindelik rus.ā
Clifford Parkin: āOu Dana my vriend en kollega ek gaan jou mis. Ons het vir ān baie lang tyd saamgewerk. Ek het ‘n paar dinge by jou geleer en ekās dankbaar vir dit. Die laaste woorde wat jy vir my gesĆŖ het die Vrydagaand toe ek by jou was, was āDankie Cliffie my ou maatā. Ek gaan daai woorde nie vergeet nie. Rus in vrede my ou maat, ek gaan jou mis.ā
Chanelle Theron: āOupa D waar kry ān mens die woorde, gaan definitely ons koeldranktye mis elke keer wat oupa nagskof werk, kom maak ek ān draai en drink ān koeldrankie by jou staanpunt. Oupa was ān inspirasie vir ons almal, oupa was ons almal se oupa D gewees ā ān goeie hart, baie streng maar ān hart vol liefde. Gaan oupa baie mis. Rus saggies, Oupa D. You will always be a legend.ā
Gypseenia Lion







