E Copy

Date:

Vier mans vas vir moord op Oranjeville-apteker

LANI FOUCHÉ

Die polisie het vanmiddag vier mans vasgetrek in verband met die moord op ‘n 56-jarige vrou van Oranjeville. Vrystaatse polisiewoordvoerder Peter Kareli sê die verdagtes, wat tussen 23 en 26 jaar oud is, is in hul huise in die Metsimaholo-township buite die dorp gearresteer nadat die stasiekommissaris ‘n wenk van die gemeenskap ontvang het.

Hulle het na bewering Sondagnag vir Vivian Ponté in haar slaapkamer vermoor en die kamer aan die brand gesteek. Kareli sê haar kop het ook plek-plek brandwonde opgehad.

Ponté was ‘n apteker wat in Johannesburg in ‘n mediese laboratorium werksaam was. Sy was ongetroud en het geen kinders gehad nie.

Die verdagtes het waardevolle items uit Ponté se huis in hul besit gehad.

Hulle sal na verwagting Donderdag in die Heilbron-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, roof en brandstigting.

Share post:

Popular

More like this
Related

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...