E Copy

Date:

Vet varke en skape met jassies maak die DBV bly

DIRK KOK 

’n Opkomende varkboer van Tierpoort buite Bloemfontein en twee skaapboere van Verkeerdevlei het die dierebeskermsvereniging in die Rosestad se nuusbrief gehaal, maar nié omdat hulle diere verwaarloos of mishandel is nie.

Foto’s van dié boere se varke en skape is tussen foto’s van verwaarloosde diere in die nuusbrief geplaas, juis om te wys hoe goed daar wel na diere omgesien kan word.

DBV-inspekteur Reinet Meyer sê die opkomende boer Frans Setlabo laat sy 500 varke vry rondloop op sy goed omheinde plaas by Tierpoort. Dié varke het ’n lekker lewe en is spekvet.

Op Corrie Pienaar en sy skoonseun Barno de Lange se skaapplaas Herbou, by Verkeerdevlei, het die DBV foto’s geneem van merino’s wat almal jassies dra. Dié jassies beskerm die diere en hul wol teen die elemente en die stof.

Meyer sê daar is baie mense wat by dié boere kan leer hoe diere behandel moet word.

Share post:

Popular

More like this
Related

Man arrested after alleged murder in QwaQwa

A 29-year-old man is expected to appear before the...

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...