E Copy

Date:

Vet varke en skape met jassies maak die DBV bly

DIRK KOK 

’n Opkomende varkboer van Tierpoort buite Bloemfontein en twee skaapboere van Verkeerdevlei het die dierebeskermsvereniging in die Rosestad se nuusbrief gehaal, maar nié omdat hulle diere verwaarloos of mishandel is nie.

Foto’s van dié boere se varke en skape is tussen foto’s van verwaarloosde diere in die nuusbrief geplaas, juis om te wys hoe goed daar wel na diere omgesien kan word.

DBV-inspekteur Reinet Meyer sê die opkomende boer Frans Setlabo laat sy 500 varke vry rondloop op sy goed omheinde plaas by Tierpoort. Dié varke het ’n lekker lewe en is spekvet.

Op Corrie Pienaar en sy skoonseun Barno de Lange se skaapplaas Herbou, by Verkeerdevlei, het die DBV foto’s geneem van merino’s wat almal jassies dra. Dié jassies beskerm die diere en hul wol teen die elemente en die stof.

Meyer sê daar is baie mense wat by dié boere kan leer hoe diere behandel moet word.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...