E Copy

Date:

Verdagtes met onwettige selfoonpakkette betrap

Twee Suid-Afrikaners en ‘n Zimbabwiër sal na verwagting Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hulle gister met onwettige simkaart-beginnerspakkette vir die diensverskaffers, Telkom, MTN, Vodacom en Cell C betrap is.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê twee verdagtes is by die Game Value Centre in Fleurdal in hegtenis geneem waar hulle van dié pakkette aan die publiek verkwansel het.

Die polisie se intelligensie-eenheid het daarna ‘n Zimbabwiër in die middestad aangekeer en op meer as 30 bokse met sowat 4 000 van dié pakkette beslag gelê.

Bloemfontein Courant verneem van ‘n betroubare bron dat die pakkette ter waarde van meer as R10 000 glo reeds ge-Rica is.

‘n Vierde man, ook ‘n Zimbabwiese burger is in hegtenis geneem.

Marope kon dit nie bevestig nie. Die verdagtes word aangekla van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting 70 van 2002. 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...