OFM-omroeper met twee skryfpryse vereer

0
1916
‘n Voormalige OFM-omroeper wat ses en ‘n half jaar gelede in ‘n ernstige motorongeluk was, is gisteraand vereer vir die boek wat sy oor haar lewe geskryf het, ná die ingrypende botsing in Oktober 2009.
Irene Fischer se outobiografie, I am still here, het twee pryse losgeslaan by “The Athol Fugard and JM Coetzee Literary Festival” op Richmond. Sy het die Miriam Tlali-prys vir beste outobiografie ontvang, asook die BookBedonnerdPrys vir beste selfgepubliseerde boek. Fischer sê hieroor is sy verskriklik opgewonde.

Fischer sê die 75 000 woorde het nie maklik gekom nie. Dit het haar drie jaar en nege maande geneem om te skryf. Sy sê sy is nie ‘n gebore skrywer nie.

Die boek is reeds in sy tweede druk en 700 eksemplare is al verkoop.

Besoek gerus www.mylifewithabrokenbrain.co.za of http://www.mylifewithabrokenbrain.co.za vir meer besonderhede. – Karien Jordaan