E Copy

Date:

Twee Viljees saam op Urth- verhoog vir ‘88’

Hoewel Rocco de Villiers en Coenie de Villiers se musiekstyle uiteenlopend is, deel die twee ’n groot liefde vir die klavier. Daarom het hulle besluit om vir die eerste keer saam aan ’n produksie te werk.

Die produksie, 88, genoem na die 88 note op ’n klavier, is die eerste waarin dié twee legendes van Afrikaanse musiek hul talente saamsnoer. Die optrede omvat genres soos boeremusiek, Bach, blues en ballades.

Die twee Viljees sal ou treffers vars vertolk, aangevul deur splinternuwe komposisies wat spesiaal vir 88 geskryf is. Hierdeur skep die duo ’n sonderlinge, nuwe klank.

Volgens die kunstenaars is daar ook vars woordkuns uit die penne van albei, vir die genot van die toehoorders.

88 word Vrydag 31 Oktober om 19:30 by Urth opgevoer. Kaartjies is beskikbaar by Urth of op hul webwerf teen R250 per persoon.

Coenie voeg lighartig by: “Ontspan – ek dra nie kortbroek op die verhoog nie!”

Warren Hawkins 

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...