Toekennings wys Vrystaatse gestermdes skitter

0
694

GEORG VAN ECK

Die Vrystaatse Sportvereniging vir Fisies en Gesig Gestermdes het op sy jaarlikse prysuitdeling sportlui, deelnemers, afrigter en beamptes, vereer wat op internasionale, nasionale en plaaslike vlak presteer het.
Die voorsitter van die vereniging, Jan Wahl, het ook op die spog geleentheid by Bains Game Lodge in Bloemfontein talle borge en persone bedank en met verdienstelikheidstoekennings vereer.
Bekendes soos Johannes de Jager, oud-rugbyspeler en quadrapleeg, die Vrystaatse en Shimlas-rugbyspelers, Oupa Mohole en Freddie Ngoza, het van die toekenning oorhandig.
Die toekennings illustreer duidelike die sukses wat die vereniging op talle vlakke behaal het. Die Vrystaat en Suid-Afrika kan trots wees op hierdie sportlui, wat in baie gevalle nasionale titels en A-kwalifiserende tye en afstande vir die Wêreldkampioenskappe in September vanjaar behaal het.
Thobo Mokgalagadi, gestremde atleet van Martie du Plessis, wat in die T35-klas ’n silwermedalje op die Paralimpiese Spele verower het en daarna twee goue medaljes in die 100 en 200 op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria verwerf het, is as die vereniging se Sportster van die Jaar bekroon.
Mokgalagadi het ook ’n A-kwalifiserende tyd vir die Wêreldkampioenskappe opgestel en is saam met Protea rolstoel-basketspeler, Kyle Louw, as Internasionale Ster van die vereniging benoem.
Die toekenning as Senior Mans Sportster is gedeel deur Anton Swanepoel en Jacques de Bruyn albei van die Martie du Plessis.
Swanepoel is ingesluit in die SA para-triathlonspan vir die Wêreldkampioenskappe nadat hy goue medaljes op die nasionale kampioenskappe in para-triathlon en senior para-fietsry verwerf het.
De Bruyn het in die naellope op die SA kampioenskappe twee goue medaljes in die 100 en 200 in die T13-klas gewen. Hy het ook ’n A-kwalifiserende tyd vir die Wêreldkampioenskappe opgestel.
Louzanne Coetzee is die vereniging se Senior Vroue Sportster. Coetzee het saam met haar gids Rouxne Vermaak op die Nasionale kampioenskappe goue medaljes in die 800, 1 500 en 5 000 in die T11-klas verower. Sy het ook ’n A-kwalifiseredne tyd vir die Wêreldbyeenkoms in die 5 000 opgestel.
Die ander toekennings is:
Sportsoort van die Jaar: Fietsry en Atletiek. Junior Sportsterre: Juan Odendaal (seuns) en Juanelie Meijer (meisies) albei van Martie du Plessis. Voorsittertoekenning: Diederich Kleynhans (atletiek, Martie du Plessis). Administrateur van die Jaar: Rudi Kuhn van die vereniging se sportspan. Afrigter van die Jaar: Dup du Plessis (atletiek). Internasionale Beampte van die Jaar: Ernesta Strydom van Martie du Plessis Skool – internasionale atletiekbeampte op Paralimpiese Spele in Londen en ook later vanjaar na Praag in die Tsjeggiese Republiek. Verdienstelikheid-toekennings: Gert en Anna Strydom, Piet du Plessis en AM Marketing. Mees gewaardeerde bydra: Eric Kalobo, atletiek van die Bartimea Skool.