Modenso Park, die miniatuurtreinklub in Bayswater, bied Saterdag 12 April hul Starlight Steam Run aan. Die geleentheid vind plaas tussen 14:00 en 21:00, en bied pret vir die hele gesin.
“Ons sien baie uit,” verduidelik die klub se Heinrich Lategan. “Ons gaan ’n paar stoomlokomotiewe daar hê, ten minste drie wat gaan ry.”

Volgens Lategan gaan daar ook ’n diesellokomotief wees wat kinders kan geniet. “Ons het in Desember ’n soortgelyke geleentheid gehad, maar dit was ’n aandmerk gewees. Hierdie keer fokus ons op die klub en die treine self,” verduidelik hy. “Dit gaan alles oor die genot van die treine.”
Modenso Park se snoepie beplan ook ’n spesiale spyskaart met verskeie opsies vir die publiek. “Daar gaan ook speletjies vir die kinders wees,” voeg Lategan by.
Ritte op die lokomotiewe kos slegs R10 per rit, en kinders onder twee ry gratis.
Warren Hawkins
[email protected]







