E Copy

Date:

Stander as nuwe UV-koordirigent aangestel

Werner Stander is onlangs as dirigent van die Bloemfontein-kampus en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se institusionele kore aangestel.

“Ek beoog om die kore te ontwikkel om die vlagskip van die UV te word en om inklusiwiteit en sosiale kohesie in te sluit as deel van die Visie 130-strategie. Musikaal moet die institusionele koor ‘n bekwame instrument teen ander universiteite in die land wees. Ek sal ook graag wil sien dat ons aan die Wêreldkoorspele deelneem,” het Stander gesê.

Stander, self ‘n trotse Kovsie, het in 2006 by die UV aangesluit as ‘n voorgraadse student by die Odeion Skool vir Musiek op die Bloemfontein-kampus, waar hy ook sedert 2011 Music Education and Service Learning doseer. Voor sy aanstelling het Stander gedien as assistant-dirigent van die Odeion Skool vir Musiek-koor en as Direkteur van Musiek by die C&N Primêre Meisieskool Oranje.

“Op hoërskool het my musiekonderwyser my gevra om die skoolkoor te dirigeer en ek het voortgegaan om ‘n kerkkoor in Ladybrand te dirigeer. Ek het later skoolkore gedirigeer, asook die Bloemfonteinse gemeenskapskoor – Cantando@Bloem,” het Stander gesê. Hy sing ook koormusiek, met bas sy stemreeks. Sy gunstelingkoor is die Choir of King’s College, Cambridge, in Engeland.

Hy het gesê: “Ek het al solo’s saam met die Vrystaatse Simfonieorkes en Baroque in Durban gedoen. Oor die standaard van koormusiek het Stander gesê: “Ons word bederf met die wêreld se wonderlikste talentvolle sangers in ons land, en Suid-Afrikaanse kore word beskou as van die beste kore internasionaal. Koormusiek verg dissipline en ons skoolstelsel in Suid-Afrika eis steeds dissipline, daarom het ons suksesvolle kore.”

Alhoewel musiek sy voltydse roeping is, is dit ook sy stokperdjie. Stander hou daarvan om aktief en in die buitelug te wees. Hy het ‘n meestersgraad in Koorleiding en is tans ingeskryf vir ‘n Doktorsgraad in Koorstudies aan die UV.

Justine Fortuin
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Minder bevoorregte leerlinge se matriekafskeiddrome bewaarheid

’n Geldinsamelingsgeleentheid om minder bevoorregte matriekleerlinge te help om...

ADVERTORIAL: Shaping the future of property through innovation and family values

From military discipline at sea to the boardrooms of...

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...

FS publisher opens doors for aspiring authors

Charmaine Charmza Mrwebi started her publishing company, Charmza Literary...