E Copy

Date:

Spesialishospitaal vir Bloem in sig

MARICELLE BOTHA
Planne is pas bekendgemaak vir die oprigting van ’n nuwe, vrystaande akademiese moederen-kind-spesialishospitaal in Bloemfontein.
Die hospitaal sal deel uitmaak van die Universitas-hospitaal-diensprofiel. Hoof van die departement pediatrie en kindergesondheid aan die UV, André Venter, sê dit sal ’n eerste vir Suid-Afrika en ook slegs die tweede in sy soort op die vasteland wees. Volgens Venter het sy departement nog altyd hierdie droom gehad om sy eie hospitaal te hê wat gebou is om spesifiek aan die behoeftes van kinders te voldoen.
“Waar ons tans in die akademiese hospitaal is, is ons op ’n vloer wat nie regtig spesifiek ingerig is vir kinders nie en nog minder vir hulle ouers wat baie tyd by hulle deurbring. Om vir babas te sorg is dit belangrik om die mammas daar te hê,” vertel Venter.
Volgens hom het nie een hospitaal in die land die vermoë om vandat die ma swanger word totdat die baba gebore word, tot die kind sy tienerjare bereik, en selfs daarná, die hele spektrum in een hospitaal te hanteer nie.
Die hospitaal, wat na raming sowat R3 miljard sal kos, sal sowat 500 beddens hê en sal na pasiënte van die Vrystaat, Noord- Kaap, Oos-Kaap, Noordwes en Lesotho omsien.
Op die oomblik is daar intensiewesorgeenhede (ICUs) by Universitas- en Pelonomi-hospitaal wat sowat 2 500 neonatale en 800 intensiewesorgpasiënte per jaar bedien. Die pediatriese kardiologie-eenheid bedien 300 hoësorghartpasiënte. Daar is sowat 3 000 pediatriese opnames per jaar en 13 000 buitepasiënte besoek elke jaar dié hospitale.
Die departement pediatrie het 27 heeltydse en twee deeltydse konsultante, vyf mediese beamptes, 27 assistente, een arbeidsterapeut en een navorsingsassistent.
Ten spyte daarvan word beraam dat tot tien kinders elke maand weggewys word weens ’n gebrek aan intensiewesorgeenheidbeddens, terwyl baie pasgeborenes kan sterf weens die gebrek aan voldoende fasiliteite.
Dié moeder-en-kind-spesialishospitaal sal ook talle nuwe mediese spesialiste na die stad
lok. Volgens Venter bestaan daar reeds ’n geruime tyd ’n behoefte aan meer uitgebreide vaardighede, veral omdat die Vrystaat een van die provinsies met die hoogste kindersterftesyfer in die land is.
“Die plan is dat die hospitaal ’n plek sal wees waar moeders en pediatriese pasiënte met ingewikkelde diagnose die geleentheid sal hê om deur die beste spesialiste behandel te word. Met die ondersteuning van die nuutste tegnologie en toerusting hoop hulle om ’n gunstige uitkoms te verseker, asook die lewensgehalte van pasiënte te verbeter,” sê Venter.
Die projek word deur die universiteit se vise-kanselier en die provinsiale departement van gesondheid ondersteun. Hoewel Venter sê dat die beplande datum vir die bou van die hospitaal eers 2018 is, kan daar moontlik selfs volgende jaar met die bouwerk begin word danksy die positiewe ontvangs van al die betrokke partye. Daar is reeds 4.6 hektaar op die UV se perseel geallokeer vir hierdie ontwikkeling.
Benny Malakoane, Vrystaatse LUR vir gesondheid, het verlede week op ’n nuuskonferensie van die groepering van departemente wat verantwoordelik is vir die welsyn van die publiek, gesê sy departement moet nog met die UV vergader om die planne te bespreek en te finaliseer. “Eers daarna sal ons as die departement kommentaar oor die beplande ontwikkeling kan lewer.”

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Minder bevoorregte leerlinge se matriekafskeiddrome bewaarheid

’n Geldinsamelingsgeleentheid om minder bevoorregte matriekleerlinge te help om...

ADVERTORIAL: Shaping the future of property through innovation and family values

From military discipline at sea to the boardrooms of...

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...

FS publisher opens doors for aspiring authors

Charmaine Charmza Mrwebi started her publishing company, Charmza Literary...