Die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) nooi inwoners van die die stad uit om deel te aan sy Mandeladag-vieringe op 17 en 18 Julie.
Lede van die publiek kan op hierdie twee dae met die honde kom stap, of een van die katte hier kom borsel of vertoetel teen ‘n fooi van R100.
Indien jy nie self daar kan wees nie, die vereniging het altyd ‘n behoefte aan honde- en katkos, asook Royal Blue, wit en silwer-emaljeverf, wit plafonverf, fotostaatpapier, oorpakke (grootte: 32, 40, 44, 50) en waterstewels (grootte 8, 10, 12) vir werkers en uitgebreide metaal.
Pak terselfdertyd jou kaste reg en skenk al jou wit olifante!
Daar sal ook lekker eet- en drinkgoed beskikbaar wees op die dae. Bring die hele gesin vir ‘n dag vol
pret en plesier.
Vir meer inligting kontak die Bloemfontein DBV by 051-447-3801.







