The Knights aanvangskolwer, Lesego Senokwane, het geskitter met die kolf tydens die kragmeting van Krieket SA se vierdagreeks teen die North West Dragons in Bloemfontein.
Die speler wat reeds op die nasionale radar is, het vroeƫr vanjaar van die Dragons by die Knights aangesluit, en hy het sonder twyfel die Vrystaat gered teen sy ou span.
Die Dragons het Donderdag by die Mangaung Oval eerste gekolf en danksy ‘n pragbeurt van 67 lopies deur die Proteas se veelsydige speler Ruan de Swardt, 56 deur Rubin Hermann en 36 nie uit nie deur Kerwin Mungroo, het nie hulle hul bĆŖurt op 232/9 verklaar.
Teen uitskeityd was die Knights in die moeilikheid met 32/2 en Isaac Dikgale en Garnett Tarr was albei vroeg uit. Senokwane het die hele tweede dag gekolf en was teen uitskeityd onoorwonne op 135. Hy het op dag drie nog 70 lopies gemoker om sy loopbaan se hoogste telling van 205 aan te teken. Hy het slegs 264 balle getrotseer en 31 viere asook een ses gemoker.
Die veteraan Proteas-draaibalbouler Aaron Phangiso het ook met 38 sy kant gebring met die wilgerlat. Hy het die vorige week 73 aangeteken teen Boland in Paarl in hul eerste beurt van die 169-lopie oorwinning.
Die Knights is in hul eerste beurt vir 350 uitgeboul. Die oud-Knights snelbouler Migael Pretorius het met 4/85 gespog, terwyl Mungroo op sy beurt 3 paaltjies platgetrek het. In die Dragons se tweede beurt het die oud-Knights kolwer 84 nie uit nie aangeteken en hul kaptein Wihan Lubbe was onoorwonne met 82 toe die wedstryd onbeslis verklaar is met die Dragons se telling op 221/3.
Intussen het die aanvangsbouler Johan ‘Joe’ van Dyk slegs twee boulbeurte in die Dragons se tweede beurt geboul, maar hulle verwag dat die speler fiks sal wees vir aanstaande week se kragmeting teen die Titans in Pretoria. Van Dyk het volgens ‘n ingeligte by die Knights met rugkrampe geworstel. Van Dyk het tans die tweede meeste paaltjies in die reeks platgetrek.
Intussen sal die twee gesoute Knightsspelers, Jacques Snyman en Aubrey Swanepoel, terug wees vir die kragmeting teen die Ligbloues in die Jakarandastad. DiƩ wedstryd by SuperSport-park sal Dinsdag om 10:00 begin. MORGAN PIEk







