E Copy

Date:

Rouxville trek swaar nadat damme opdroog

Die waterkrisis in die Vrystaat vergroot met nog ‘n dorp in die Suid-Vrystaat wat nou aangewese is op water wat aangery moet word. Danie Marais, ‘n onafhanklike adviseur van die kantoor van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, sê die Paisley- en die Kalkoenkrasdam by Rouxville is leeg. Die twee gronddamme, wat nie deur ‘n rivier nie, maar deur afloopwater van hellings gevoed word, is weens min reën sonder water. Die Mohokare-munisipaliteit, wat Smithfield en Zastron ook bedien, kan water voorsien van slegs een boorgat wat in die damme gepomp en aan die watersuiweringsaanleg gelewer word, waarna dit na gemeenskappe versprei word.

Die situasie in Rouxville is kritiek nadat die dorp se waterbronne opgedroog het, sê Marais. Die gebied se reënvalsyfer is ver onder gemiddeld. Boere trek swaar en die gemeenskap lei daaronder. Waterbeperkings is in plek en munisipale watertoevoer na inwoners is soggens van 05:00 tot 08:00 en smiddae van 17:00 tot 20:00.

Volgens hom is die munisipaliteit in die proses om vier ander bestaande boorgate naby dié damme toe te rus. Pompe, elektrisiteit en ‘n pyplyn word aangelê. Noodwatervoorsiening word deur ‘n munisipale tenkwa voorsien. Die noodwater is beskikbaar aan onder meer skole en klinieke. Water word ook sedert vanoggend deur die konstruksiemaatskappy Tau Pele met ‘n swaar voertuig aangery. Die maatskappy het verlede jaar ook betrokke geraak en water aan inwoners in ‘n droogtegeteisterde Smithfield geskenk. Marais sê Tau Pele voorsien steeds water aan Smithfield sedert November verlede jaar.

Daar is egter lig aan die einde van die donker tonnel. Die munisipaliteit se projek, waarin ‘n pyplyn van die Oranjerivier by Aliwal-Noord en Sterkspruit na die opgaardamme by Rouxville aangelê word, vorder goed. Die projek is in die 2014/15-boekjaar van stapel gestuur en sal na verwagting in die 2016/17-boekjaar voltooi word. – Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

SAWS warns of cold front and snowfall

The South African Weather Service (SAWS) has warned residents...

Young innovators shine at Eskom expo

Scientific innovation took centre stage in Harrismith as learners...

Man arrested after alleged murder in QwaQwa

A 29-year-old man is expected to appear before the...

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...