E Copy

Date:

Raadslid vra herverkiesing vir Wyk 16

Attie Terblanche, DA-raadslid vir Wyk 16 in Heidedal, het tydens ‘n spesiale raadsvergadering verlede Dinsdag gevra dat die wykskomiteeverkiesings in sy wyk herhaal moet word. Hy meen die verkiesing was nie regverdig nie weens die optrede van ‘n oproerige skare buite die saal waar die verkiesing gehou is.
Die speaker van die raad, Mxolisi Siyonzana, het egter dié voorstel sonder seremonie van die tafel gevee. Wykskomiteeverkiesings gaan weens verskeie probleme in nege ander wyke in die Mangaung-metro herhaal word. Terblanche wou sy wyk as ‘n tiende wyk by die lys voeg.
Die onlangse wykskomitee-
verkiesing in Wyk 16, wat in die Norman Doubell-saal in Heidedal gehou is, is met tye onderbreek deur ‘n woedende skare buite die saal, wat Terblanche se kop geëis het.
Terblanche is ná die verkiesing deur lede van die ANC van die toneel verwyder, omdat hulle gemeen het sy lewe is in gevaar. Hy hou egter vol dat sy lewe nooit bedreig was nie aangesien die munispale polisie sowel as lede van die blitspatrollie op die toneel was.
Terblanche het ná die raadsvergadering aan Voice gesê hy wou graag die wykskomitee-
verkiesing laat herhaal omdat hy meen die DA het in die proses aan die kortste end getrek.
“Eers was daar net 5 lede van die DA teenoor die 20 van die ANC op die kortlys vir die wyskomitee. Toe ek daaroor beswaar maak, het die kantoor van die speaker 5 ANC-lede verwyder en hulle met lede van ander partye vervang.
“Dit was egter vergeefs, want nie een DA-lid is tot die finale wykskomitee verkies nie. Die twee lede van Gatvol wat ek vir die komitee benoem het om verteenwoordiging vir daardie gemeenskap te verseker, het ook in die proses gesneuwel. Al die lede van die komitee bestaan uit ANC-lede. Hoe is dit moontlik dat die gewildste party in die wyk nie een lid in die wykskomitee het nie?” het Terblanche gevra. – Pieter Delport 
pieterd@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...