E Copy

Date:

Oorsaak van Aldam-brand onbekend

Die oorsaak van ‘n brand wat laat gistermiddag (Saterdagmiddag) by die Aldam-vakansieoord naby Winburg in ‘n restourantgebou uitgebreek het, is nog nie bekend nie.

Waarnemende hoof-brandbeampte van die Matjhabeng-brandweerdiens, Francois Klaassen, het gisteraand (Saterdagaand) aan OFM-nuus gesĂȘ lede van die polisie se forensiese-eenheid en ‘n ondersoekspan van die brandweer sal na verwagting vandag (Sondag) die oorsaak van die brand, ondersoek.

Klaassen het gisteraand na die brand in bedwang gebring is, gesĂȘ met hul aankoms op die toneel het die geboue, wat ‘n restourant, kroeg en kombuis insluit se grasdak reeds begin inval.

Klaassen sĂȘ die brand is voorafgegaan deur ‘n stormsterkwind. OFM-nuus verneem intussen dat daar mense in die gebou was toe die brand uitgebreek het, maar die gebou is vinnig ontruim.

Christal-Lize Muller/CourantNews 

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...

Pencil In: 16 July 2026

Dates to pencil in... 16 July: Unwind after a long day...

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...