E Copy

Date:

OMS dra weer BFN-netbalkroon

Hoër Meisieskool Oranje se eerste netbalspan is 2022 se Motheoligawenners ná ‘n sege van 39-35 oor Hoërskool Sentraal in verlede Donderdag se eindstryd.

Dit was Oranje se grootste sege oor Sentraal in hul laaste 19 ontmoetings en ook net die derde keer in die laaste dekade wat hulle die Tralies, ‘n krag in SA skolenetbal, in dié liga kon klop. Die wenspan het Sentraal daarmee onttroon as die ligakampioen, wat hulle in 2019 verower het.

Oranje en Sentraal het verlede Donderdag (26/5) teen mekaar te staan gekom om te bepaal wie die netbalsepter in die Rosestad vir 2022 sal swaai. Die Tralies het in die groepfase met 31-28 koning gekraai.

Dit is die derde agtereenvolgende eindstryd tussen dié twee skole. Oranje was in 2018 met 26-23 aan die wenkant en Sentraal in 2019 met 38-27.

Dit is slegs die Oranjeniete se derde oorwinning as ligawenners in die laaste 27 jaar (1996 en 2018 was die vorige kere).

Die span het nou 32 van sy laaste 33 wedstryde vanjaar gewen.

Saamgestel deur Jeretha Oosthuizen

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...