E Copy

Date:

‘Omgie Dag ’n reuse-sukses’

Engo Vrystaat, in vennootskap met Bloemfontein Courant en OFM, het op 28 Oktober die tweede jaarlikse Omgie Dag gevier. Volgens Engo se Marinique du Plessis was die hoogtepunt vanjaar verseker om te sien hoe die mense daar buite vir Engo omgee.

“Dis ongelooflik om te sien hoe daar elke jaar al hoe meer kinders is wat weet wie Omgie is,” sê sy. Sy sê ook dat Omgie nou ‘n regte “selebrety” raak. “Dit was ook baie lekker om die kinders se entoesiasme te sien oor die lyfie uitdaging en hoe almal die dans geniet het.”

Bloemfontein Courant het vroeër berig dat die tema vir vanjaar “Colour Me Crazy” is en mense is aangemoedig om kleurvolle klere aan te trek en foto’s te neem, dit op Facebook te deel, en Engo Vrystaat te tag. “Ons hoop om die boodskap van hoop en omgee aan gemeenskappe te versprei. Ons wil hê mense moet meer bewus word van die werk wat Engo in gemeenskappe doen en hulle ook aanmoedig om betrokke te raak,” het Du Plessis gesê.

Volgens haar het Engo so 8 000 kaarties verkoop, met sowat R100 000 wins vir die projek. Sy sê al hoe meer van hul groot borge het aan boord gekom en kon ook ‘n lekker kleurvolle pretdag saam met Omgie deurbring.

“Ons het ongelooflike waardering vir elke liewe Omgie-ondersteuner. Dit maak elke jaar die projek net groter en meer bekend. Ons wil hê almal moet uitsien na volgende jaar se Omgie Dag.”

Justine Fortuin
[email protected]

Previous article
Next article

Share post:

Popular

More like this
Related

Dans gee haar vlerke ondanks uitdagings

Chantell Hewitt moes vir die grootste deel van haar...

Local bartender shakes up national stage with Top 8 finish

Bartender and storyteller Anliri Brown has earned a place...

Settled, with Love brings warmth home for 13 families

This winter, a simple act of kindness by staff...

Creating platforms for local talent

When two learners noticed how their talented classmates never...