Die Mangaung-metro het die afgelope Vrydag behoorlik uitgehang met die herbenaming van Kerkstraat in Bloemfontein, wat nou as Oliver Tamboweg bekend staan. Die openbare proses vir die herbenaming is al in Augustus 2014 begin. Gaste op die spoggeleentheid het onder andere Dali Tambo, seun van Oliver Tambo, en waarnemende premier, Olly Mlamleli, ingesluit. Twee tente, waarvan een sowat 4 000 mense kan akkommodeer, is vir die geleentheid opgeslaan.’n Tydelike pad moes vir hooggeplaastes gemaak word omdat die onlangse reën die gebied langs die straat in ‘n modderbad verander het. Die ANC-oudstryder se seun, Dali (heel links), en sy vrou, Rachael (tweede van regs), was daar tydens die onthulling. Mlamleli (in geel) en Mangaung- metro-speaker, Mxolisi Siyonzana, het die geleentheid gelei. ‘n Gedenkplaatjie is ook langs Oliver Tambo-weg aangebring. FOTO: MARK STEENBOK







