Nuwe huis én naam vir Rusty

0
329
Lawrence Jane en Werner Luus van Johannesburg met Rusty, nou bekend as Saint.

Dit was ‘n heuglike dag vir die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) toe Rusty, die dapper hond wat sy eienaar probeer beskerm het, uiteindelik deur Lawrence Jane en Werner Luus van Johannesburg aangeneem is. Rusty spog ook met ‘n nuwe naam en sal in die toekoms bekend staan as Saint.

Bloemfontein Courant het onlangs verslag gedoen oor Rusty nadat die DBV aangekondig het dat die hond ‘n oog verloor het toe hy probeer het om sy eienaar tydens ‘n episode van huishoudelike geweld te verdedig.

“Ons weet dat hy baie liefde met ontelbare drukkies sal ontvang. Die hond was sedert die begin van Desember af by ons en nie ons of hy het moed opgegee dat hy sy perfekte familie sal vind nie.

“Ons is dankbaar dat hy ‘n kans het om ‘n gelukkige lewe te lei,” het ‘n lid van die organisasie aan Bloemfontein Courant gesê.

Die eens erg beseerde Rusty het dringende chirurgie benodig ná die insident. Hy kan nou gelukkig rondhardloop nadat sy operasie goed afgeloop het.

Die DBV wil graag sy dankbaarheid betuig teenoor elke persoon wat bygedra het vir die operasie.

Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za