E Copy

Date:

Nuwe Genetika-gebou op die Bloemfontein-kampus spiraal na nuwe sfeer

Die Departement Genetika het op Donderdag 3 September 2015 die amptelike opening van sy nuwe kantore op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus aangebied

Prof Jonathan Jansen, Visekanselier en Rektor van die UV, prof Neil Heideman, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, en prof Paul Grobler, Hoof van die Departement Genetika, het die lint geknip om die opening van hierdie gebou met sy moderne geriewe te simboliseer.

Die nuwe Genetika-gebou spog met ‘n nuwe administrasieblok bestaande uit ‘n ontvangsarea, sewe kantore, ‘n klein komiteekamer en ‘n seminaarkamer vir 50 mense.

Verder bied die voorgraadse laboratoriumblok ‘n laboratorium vir 150 studente. Die navorsingsblok het geriewe vir 30 navorsers.

Hierdie gebou bied ook chemiese afvalsorterings- en bergingsgeriewe. Dit is ‘n eerste vir die universiteit.

Verskeie terreine is vir die nuwe gebou ondersoek, maar as gevolg van sy grootte en beplande tweede fase, is ‘n ‘groen veld’-terrein aan die westekant van die kampus gevind.

Die hoofingang maak voorsiening vir besoekers uit die noordelike deel, voetgangerstudente, en mense wat die parkeerterrein voor die biblioteek gebruik. Die sekondêre suidelike ingang is vir diegene wat die aangewese parkeerterrein suid van die gebou gebruik.

Die verbinding tussen hierdie twee ingange is die ruggraat van die gebou, ‘n heliks met dienste/geboue aan weerskante gespasieer. Die heliks sal in die tweede fase uitgebrei word om die sirkulasie en verbinding van geboue so eenvoudig moontlik te hou.

In sy openingstoespraak het prof Grobler ‘n uiteensetting van die geskiedenis van die Departement Genetika gegee. Vandag is hierdie departement, wat sy deure in 1960 by die UV geopen het, trots op sy 131 studente en 46 honneursstudente.

Volgens generaal-majoor Edward Ngokha, Hoof van die Forensiese Wetenskaplaboratorium, is studente wat op die gebied van genetika aan die UV gradueer, uitstekende werknemers. Die Forensiese Wetenskaplaboratorium het 25 honneursstudente aangestel sedert die BSc-honneursgraad in Genetika in 2010 ingestel is.

“Die UV lewer onderrig van hoë gehalte en hoë standaard. Dankie vir julle bydrae tot die stryd teen misdaad deur goed voorbereide, toegewyde werknemers te lewer,” het generaal-majoor said Ngokha gesê.

Die departement bied programme oor bevolkingsbewaringsgenetika, molekulêre plantgenetika, sitogenetika, forensiese genetika, forensiese wetenskap, menslike genetika, en gedragsgenetika aan. 

 

 

 

 

 

-Supplied

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...